Friday, July 12, 2013

Wish list for Mandela Day

Thought I must share this internal letter between the Homestead social worker and our Ops Mangager about a "Mandela Day"  wish list (Pls use google translate to change from Afrikaans):

"More Juf Annie
My wishlist is om in elke cottage iets te he wat die kinders besig hou waarvan hulle regtig hou. Ek en Charmaine het dit bespreek en saam ge'wish'en gedroom/dink.

Junior cottage: Ons maak een van die kamers 'n speel kamer. Die hele kamer is vol verskillende speelgoed (trein stelle, karretjies, diertjies, blokkies, lego's, legkaarte, games ens ens. Met klein kleurvolle tafeltjies en stoeltjies waar hulle kan teken, inkleur etc. - Amper soos 'n kleuterskool maar vir bietjie ouer kinders).

Dit sal 'n goeie manier wees om die kinders binne te hou en hulle te laat ophou buite rond hang; ons kan hulle leer van deel en om skoon te maak, om agter hulle goed te kyk.
Die een reel sal wel wees dat hulle daar binne met enige iets kan speel maar mag NIKS uit die kamer vat. As hulle wel mag hulle nie vir die volgende week daar speel nie... of so iets.

Middle cottage: Een kamer word 'n rekenaar kamer - ons is nog nie heeltemal sekere hoe dit kan werk nie maar dis 'n idee. Daar sal altyd iemand moet wees wat kan supervise (ons het gedink miskien van die volunteers). Daar is mos verskeie rekenaars wat geskenk gaan word. Hulle kan huiswerk en take doen en miskien selfs later iemand kry om rekenaar klasse aan te bied.

Senior cottage: Ons maak die een kamer 'n gym en skuif die dinningroom na die leefarea/tv kamer - daar is meer as genoeg plek. Die senior seuns het gese hulle wil 'bodybuilding' doen - hulle wil weights en machine he waarop hulle kan oefen. Weer sal dit hulle ook besig hou en self-confidence bou. Toe ek moes uitvind watse spot of aktiwiteite hulle wil doen het hulle self met die idee opgekom en meeste was baie opgewonde.

Miskien 'n bietjie far-fetched idees.. maar dit is immers 'n WISHlist. :)

Lekker dag
Liezl